Original Research
Kortikale Komper-Oudiometrie - "Electric Response Audiometry (ERA)"
South African Journal of Communication Disorders | Journal of the South African Logopedic Society: Vol 17, No 1 | a423 |
DOI: https://doi.org/10.4102/sajcd.v17i1.423
| © 2019 I. S. Hay
| This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 17 November 2016 | Published: 31 December 1970
Submitted: 17 November 2016 | Published: 31 December 1970
About the author(s)
I. S. Hay, Department of Speech Pathology and Audiology, University of Pretoria, South AfricaFull Text:
PDF (196KB)Abstract
Die nuutste objektiewe oudiometriese metode wat vandag wêreldwyd aanvaar is, is die Kortikale Komper-oudiometrie. Dit maak gebruik van 'n gespesialiseerde komper wat die elektriese response wat in tyd aan die stimuli gebonde is, sommeer tot 'n identifiseerbare respons. By die volwassene het die gesommeerde vertekspotensiaal 'n golfvorm wat min verskil van een indiwidu tot 'n ander. By die kind onder sewe jaar oud, en veral in die slaaptoestand, is die golfvorm minder konstant. Vanwee die steurende effek van spierbewegings op die kortikale respons, is dit verkieslik dat die jong aktiewe kind met kalmeermiddels tot 'n slaaptoestand gebring word.
Na die sommering van 'n voorafgekose aantal response, word die gesommeerde response uitgeskryf om 'n permanente rekord te vorm. Deur superponering kan die resultate by verskillende frekwensies en intensiteite vergelyk word deur hulle oor 'n sterk lig te hou. Vergelykbare response word as positief geïdentifiseer en die drempel geskat volgens die laagste intensiteit waar positiewe response sigbaar is. Wanneer 'n standard golfvorm nie verskyn nie, word gesoek na die kenmerkende golfvorm vir die betrokke indiwidu.

Keywords
No related keywords in the metadata.
Metrics
Total abstract views: 1689Total article views: 819