Original Research
'n Kommunikatiefgefundeerde ondersoek na bepaalde waarnemingsverskynsels by disfemie
South African Journal of Communication Disorders | Journal of the South African Speech and Hearing Association: Vol 19, No 1 | a416 |
DOI: https://doi.org/10.4102/sajcd.v19i1.416
| © 2019 René Hugo
| This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 16 November 2016 | Published: 31 December 1972

About the author(s)
René Hugo, Speech, Voice and Hearing Clinic, University of Pretoria, South AfricaFull Text:
PDF (226KB)Abstract
Hierdie studieprojek stel hom ten doel die bestudering van bepaalde ouditiewe waarnemingsvermoëns by disfemie, soos gesien vanuit 'n kommumkatiewe oogpunt.
Eksperiment 1: stel hom ten doel die bepaling van suiwertoonsensitiwiteit en spraakdiskriminasievermoëns van 'n groep van 10 hakkelaars, en die vergelyking van hierdie gegewens met 'n kontrole groep nie-hakkelaars. Die resultaat dui op 'n betekenisvolle verskil, tussen die suiwertoondrempelwaardes van die regterore van die hakkelaars en nie-hakkelaars en kan moontlik in verband gebring word met sowel terugvoeringsafwykings as gehoordominansieteorieë.
Eksperiment 2: beoog die bepaling van waarnemingsdrempels van neutrale en negatiewe woorde (woorde waarop gewoonlik gehakkel word) by 'n groep hakkelaars, en die vergelyking hiervan met 'n aantal nie-hakkelaars. Die resultate toon 'n betekenisvolle verskil tussen hierdie 2 lyste vir die hakkelaars, maar nie vir die vlotsprekers nie. Ter verklaring kan aangevoer word dat die hakkelaars, op grond van emosionele kwaliteite verbonde aan die negatiewe woorde, hierdie woorde makliker waarneem as die vlotspreker, waarskynlik deur gebruik te maak van perseptuele verdedigingsmeganismes soos perseptuele ingestemdheid.
Eksperiment 3: is gerig op die bepaling van die bestaan van onwaarneembaarheid van betekenisvolle stimuli by die hakkelaar tydens die hakkelpenode. Geen sodanige verskynsel kan betekenisvol aangetoon word nie, hoewel daar in die bespreking daarop gewys is dat 'n verandering in die eksperimentele prosedures nogtans so 'n fenomeen kan uitwys.
In sy geheel gesien, is daar dus in hierdie studieprojek bepaalde waarnemings- abnormaliteite by die disfemie aangetoon wat nie by die vlotspreker gevind kan word nie. Hierdie abnormaliteite dui essensieel op 'n wyer siening van disfemie nl., as 'n komplekse, kommunikatiewe probleem.

Keywords
No related keywords in the metadata.
Metrics
Total abstract views: 1477Total article views: 777