Original Research

'n Elektromiografiese analise van die lipfunksies van die gesplete lip-geval

Wilma Uys
South African Journal of Communication Disorders | Journal of the South African Speech and Hearing Association: Vol 19, No 1 | a413 | DOI: https://doi.org/10.4102/sajcd.v19i1.413 | © 2019 Wilma Uys | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 16 November 2016 | Published: 31 December 1972

About the author(s)

Wilma Uys, Speech, Voice and Hearing Clinic, University of Pretoria, South Africa

Full Text:

PDF (102KB)

Abstract

'n Elektromiografiese analise van die lipfunksies van 'n groep gesplete lipgevalle, is vergelyk met die van 'n groep sonder so 'n strukturele afwyking.
Die toetsmateriaal het basiese bewegings van die lippe wat onderliggend is aan die bemeestering van labiale en labiodentale artikulasie, asook die uitvoering van sodanige artikulatoriese bewegings, beslaan.
Nadat syferwaardes aan die kwalitatiewe evaluasie (volgens die skaal van Basmajian) geheg is, kon rekenkundige gemiddeldes verkry word. Hieruit blyk dit dat die eksperimentele groep minder spierspanning vertoon in die uitvoering van lipfunksies as die kontrole groep. Omdat daar geen grense vir normaliteit bestaan nie, kan die mate van spanning egter nie as afwykend  beskou word nie. Leidrade vir terapie kan uit die analise verkry word en ook 'n moontlike maatstaf  vir objektiewe beoordeling van die geslaagdheid van die operasietegnieke.

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 1344
Total article views: 599


Crossref Citations

No related citations found.