Original Research

'n Oudiovisuele analise van woordverdeelherhalings by hakkelaars

Maggi van Wyk
South African Journal of Communication Disorders | Vol 25, No 1 | a373 | DOI: https://doi.org/10.4102/sajcd.v25i1.373 | © 1978 Maggi van Wyk | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 14 November 1978 | Published: 14 November 1978

About the author(s)

Maggi van Wyk, Skoolsielkundige Dienste, Kempton Park, South Africa

Full Text:

PDF (309KB)

Abstract

'n Oudiovisuele analise van woorddeelherhalings wat in spraakopnames van 18 hakkelaars voorgekom het, is gemaak. Hierdie gedragsvorm is 'n belangrike diagnostiese kriterium van hakkelspraak. Buiten die voorkomsfrekwensie is veral ook die aard en plek van voorkoms van onderbrekings belangrike faktore in die diagnose van hakkel. Kliniese waarnemings beklemtoon dat die woorddeelherhalings van hakkelaars van die van nie-hakkelaars onderskei kan word deur o.a. tempoverskille,onreelmatigheid, gebrek aan oorgangsformante,  die gebruik van die schwa-vokaal en die voorkoms van benaderingsgedrag. Ouditiewe parameters asook spektrogramme is gebruik om die hipotese te bevestig dat die tempo van woorddeelherhalings verskil van die tempo waarteen die vloteenhede van spraak geuiter word. Ook is hierdie herhalings opmerklik onreelmatig en het die verlangde oorgangsformante  nie by herhalingseenhede voorgekom nie. Dit is egter nie die schwavokaal wat gebruik word nie en dit is onwaarskynlik dat die herhalings dien as benadering tot die verlangde oorgang. Hierdie bevindings is van belang vir die differensiaaldiagnose tussen hakkelspraak en normale onvlotheid.

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 1785
Total article views: 866

 

Crossref Citations

1. F2 Transitions During Sound/Syllable Repetitions of Children Who Stutter and Predictions of Stuttering Chronicity
J. Scott Yaruss, Edward G. Conture
Journal of Speech, Language, and Hearing Research  vol: 36  issue: 5  first page: 883  year: 1993  
doi: 10.1044/jshr.3605.883