Original Research
Die moeder-kind-verhouding by kinders met 'n gesplete lip en/of verhemelte en minimale-brein disfunksie
South African Journal of Communication Disorders | Vol 27, No 1 | a367 |
DOI: https://doi.org/10.4102/sajcd.v27i1.367
| © 1980 Ronél Steenekamp
| This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 14 November 1980 | Published: 14 November 1980
Submitted: 14 November 1980 | Published: 14 November 1980
About the author(s)
Ronél Steenekamp, Alberton Kinderleidingkliniek, Alberton, South AfricaFull Text:
PDF (396KB)Abstract
Die doel van hierdie studie is om die invloed van 'n fisies waarneembare afwyking en'n fisies nie-waarneembare afwyking op die moeder-kind-verhouding na te gaan. Die moeder-kind-verhouding by twee verskillende afwykings nl. gesplete lip en/of verhemelte en minimale-brein-disfunksie is bestudeer. Die verhouding tussen die moeder en haar kind is 'n kritiese faktor in die algemene ontwikkeling van die kind. Die kwaliteit van die verhouding kan 'n invloed hê op latere verhoudinge wat die kind in sy lewe aangaan. Daar is gevind dat pre-, peri- en postnatalegebeure hierdie verhouding kan beïnvloed. 'n Werkhipotese is gestel nl. dat die moeder-kind-verhouding betekenisvol swakker is by die ondersoekgroepe as die van die kontrolegroep. Ten einde die hipotese te bewys is "The Mother-Child-Relationship Evaluation"-vraelys ingevul deur moeders met kinders met die genoemde afwykings. Daar is egter gevind dat daar nie 'n beduidende verskil is in die moeder-kind-verhouding van moeders met kinders wat 'n gesplete lip en/of verhemelte het nie. Moeders met kinders met minimale-brein-disfunksie, is egter geneig om dié kinders te verwerp.
Keywords
No related keywords in the metadata.
Metrics
Total abstract views: 2356Total article views: 1209