Original Research

Geskrewe en gesproke Afrikaanse sintaktiese vermoëns van hardhorende kinders

Enid Slabber, René Hugo, Brenda Louw
South African Journal of Communication Disorders | Vol 34, No 1 | a314 | DOI: https://doi.org/10.4102/sajcd.v34i1.314 | © 2019 Enid Slabber, René Hugo, Brenda Louw | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 31 October 2016 | Published: 31 December 1987

About the author(s)

Enid Slabber, Department of Speech Pathology and Audiology, University of Pretoria, South Africa
René Hugo, Department of Speech Pathology and Audiology, University of Pretoria, South Africa
Brenda Louw, Department of Speech Pathology and Audiology, University of Pretoria, South Africa

Full Text:

PDF (278KB)

Abstract

Die doel van hierdie ondersoek is om 'n moontlike verband tussen ekspressiewe geskrewe en gesproke sintaktiese vermoëns van gehoorgestremdes te ondersoek. Vyf Afrikaanssprekende gehoorgestremde proefpersone is gebruik. In die evaluering van sintaktiese vermoens is daar gekyk na die gebruik van 7 sinstrukture asook na woordvolgorde. Uit die resultate blyk dit dat meer komplekse sinstrukture tydens die proefpersone se gesproke as geskrewe taal voorgekom het. Die persentasie korrekte sinstrukture wat gebruik is, is egter groter in geskrewe as in gesproke taal, alhoewel die persentasie nogtans betreklik laag is. Meer woordvolgordefoute is tydens geskrewe as gesproke taal gemaak. In die gebruik van die geëvalueerde sinstrukture het daar egter meer woordvolgordefoute in gesproke as geskrewe taal voorgekom. 
Die gevolgtrekking is bereik dat daar wel 'n verband tussen die gehoorgestremde proefpersone se geskrewe en gesproke sintaktiese taalvermoëns is, maar heelwat verskille het ook voorgekom. Navorsing op hierdie gebied lê egter nog braak, en die huidige studie kan as vertrekpunt dien vir verdere navorsing.

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 1544
Total article views: 600


Crossref Citations

No related citations found.