Original Research

Videofluorografiese ondersoek van die slukproses by serebraal gestremde kinders

Karin le Roux, Anita van der Merwe, Brenda Louw
South African Journal of Communication Disorders | Vol 36, No 1 | a295 | DOI: https://doi.org/10.4102/sajcd.v36i1.295 | © 2019 Karin le Roux, Anita van der Merwe, Brenda Louw | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 28 October 2016 | Published: 31 December 1989

About the author(s)

Karin le Roux, Department of Speech Pathology and Audiology, University of Pretoria, South Africa
Anita van der Merwe, Department of Speech Pathology and Audiology, University of Pretoria, South Africa
Brenda Louw, Department of Speech Pathology and Audiology, University of Pretoria, South Africa

Full Text:

PDF (253KB)

Abstract

Die slukprobleme van serebraal gestremde kinders word klinies aan die hand van subjektiewe kriteria omskryf Weinig navorsing is nog uitgevoer om die aard van hierdie probleme objektief en wetenskaplik te beskryf. Die doel van hierdie studie was om die slukpatrone van twee ouderdomsgroepe serebraal gestremde kinders deur middel van videofluorografie te ondersoek. Tien serebraal gestremde kinders tussen die ouderdomme van vier en dertienjaar het as proefpersone gedien. Tydens die videofluorografiese evaluasie waar daar van die proefpersone vereis is om 'n vloeistof te sluk, is sekere aspekte van die oraal-voorbereidende, orale en faringale fases van die slukproses geëvalueer. Die resultate van die studie toon aan dat slukprobleme wel voorkom by serebraal gestremde kinders. Probleme kom hoofeaaklik voor tydens die oralefase en neem die vorm aan van byvoorbeeld onvoldoende tongpalatumkontak en swak beheer van die bolus. Die jonger groep kinders vertoon meer slukprobleme as die ouer groep. By die jonger groep speel die tipeserebrale gestremdheid skynbaar geen rol by die aard van die slukprobleme nie, terwyl daar by die ouer groep aanduidings is dat die tipe serebrale gestremdheid wel 'n rol speel. Die resultate van die studie toon aan dat videofluorografie effektief geimplimenteer kan word om slukprobleme by serebraal gestremdes wetenskaplik te evalueer.

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 1541
Total article views: 788


Crossref Citations

No related citations found.