Original Research

Die invloed van otitis media op die sentrale ouditiewe vermoëns van kinders met sensoriese integrasieprobleme

Lidia Olivier, Brenda Louw, René Hugo
South African Journal of Communication Disorders | Vol 37, No 1 | a288 | DOI: https://doi.org/10.4102/sajcd.v37i1.288 | © 2019 Lidia Olivier, Brenda Louw, René Hugo | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 28 October 2016 | Published: 31 December 1990

About the author(s)

Lidia Olivier, Department of Speech Pathology and Audiology, University of Pretoria, South Africa
Brenda Louw, Department of Speech Pathology and Audiology, University of Pretoria, South Africa
René Hugo, Department of Speech Pathology and Audiology, University of Pretoria, South Africa

Full Text:

PDF (269KB)

Abstract

Otitis media word in die resente literatuur in verband gebring met spraak- en taalprobleme, gedragsprobleme en leerprobleme. Beperkte navorsing is egter tot op hede uitgevoer om die invloed wat otitis media op die sentrale ouditiewe vermoens uitoefen, te bepaal. Die doel met hierdie studie is om te bepaal of otitis media wel 'n invloed op die sentrale ouditiewe vermoens van kinders met sensoriese integrasieprobleme uitoefen. Dertien persone wat gediagnoseer is as kinders met sensoriese integrasieprobleme, is as proefpersone geselekteer. Hulle is in twee groepe ingedeel, naamlik agt proefpersone met 'n geskiedenis van otitis media (Groep A) en vyf proefpersone sonder 'n geskiedenis van otitis media (Groep B). 'n Toetsbattery is saamgestel vir die evaluering van die sentrale ouditiewe vermoens en is op die proefpersone uitgevoer. In die geval van groep A was die resultate afwykend in elke subtoets in die sentrale toetsbattery wat op 'n moontlike breinstambetrokkendheid dui. Groep Β het normale resultate in bykans al die toetse verkry. Die resultate dui daar op dat ehroniese otitis media wel 'n invloed op die sentrale ouditiewe vermoëns van die proefpersone het en wel in terme van onvoldoende breinstamfunksionering. Implikasies vir navorsing en behandeling is bespreek.

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 1406
Total article views: 656


Crossref Citations

No related citations found.