Original Research
'n Vergelyking van die invloed van sekere kontekstuele faktore op die simptome van persone met verworwe verbale apraksie en verbale ontwikkelingsapraksie
South African Journal of Communication Disorders | Vol 37, No 1 | a286 |
DOI: https://doi.org/10.4102/sajcd.v37i1.286
| © 2019 A. van der Merwe, R. J. Grimbeek
| This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 28 October 2016 | Published: 31 December 1990
Submitted: 28 October 2016 | Published: 31 December 1990
About the author(s)
A. van der Merwe, Department of Speech Pathology and Audiology, University of Pretoria, South AfricaR. J. Grimbeek, Department of Statistics, University of Pretoria, South Africa
Full Text:
PDF (280KB)Abstract
Gegewens oor die individuele simptome van persone met verworwe verbale apraksie en verbale ontwikkelingsapraksie is van teoretiese belang vir die studie van verbale apraksie. Deur die vergelyking van individuele simptome kan liggewerp word op simptoombeelde of tipes verbale apraksie en op die aard van die afwyking by verworwe verbale apraksie en verbale ontwikkelingsapraksie. In hierdie ondersoek wat deel uitmaak van die groter ondersoek waarin die effek van variasie in kontekstuele faktore op verbaal apraktiese spraak nagegaan word (Van der Merwe, Uys, Loots en Grimbeek, 1987; 1988; Van der Merwe, Uys, Loots, Grimbeek en Jansen, 1989) is die simptome van vier persone met verworwe verbale apraksie en een persoon met verbale ontwikkelingsapraksie onderling vergelyk. Die ouditief waarneembare foute en afwykings in stemaanvangstyd, vokaalduur en uitingduur van die proefpersone is vergelyk. Die resultate toon onder andere aan dat die frekwensie van voorkoms van sekere simptome aanleiding gee tot individuele simptoombeelde, maar dat al die proefpersone die hoë voorkoms van simptome wat aanduidend is van die aard van die afwyking gemeen het. Die proefpersoon met verbale ontwikkelingsapraksie het al die simptome gemeen met die groep, maar vertoon minder afwykings in temporale vloei en uitingduur en meer klankvervangings. Die teoretiese implikasies van die resultate word bespreek.
Keywords
No related keywords in the metadata.
Metrics
Total abstract views: 2041Total article views: 1050
Crossref Citations
1. Prosody-voice characteristics of children and adults with apraxia of speech
Katharine H. Odell, Lawrence D. Shr
Clinical Linguistics & Phonetics vol: 15 issue: 4 first page: 275 year: 2001
doi: 10.1080/02699200010021800