Original Research
Ouerleiding by ouers van swarts babas met 'n gesplete lip en verhemelte
South African Journal of Communication Disorders | Vol 39, No 1 | a275 |
DOI: https://doi.org/10.4102/sajcd.v39i1.275
| © 2019 Corrieta Campbell, Brenda Louw
| This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 25 October 2016 | Published: 31 December 1992
Submitted: 25 October 2016 | Published: 31 December 1992
About the author(s)
Corrieta Campbell, Department of Communication Pathology, University of Pretoria, South AfricaBrenda Louw, Department of Communication Pathology, University of Pretoria, South Africa
Full Text:
PDF (244KB)Abstract
Daar is aanduidings dat die ouers van gesplete-lip-en-verhemeltebabas dikwels behoeftes toon aan meer inligting omtrent hul baba geboortedefek as wat aan hulle verskaf word. In Suid-Afrika bestaan daar egter nog 'n leemte in die literatuur omtrent die ouers van 'n swart baba met 'n gesplete lip en verhemelte. In hierdie studie is daar eerstens 'n bepaling gedoen van die ouers van swart gesplete-lip-en-verhemeltebabas se unieke behoeftes en tweedens is daar, op grond van die verkreë resultate, 'n inligtingstuk vir hierdie teikengroep saamgestel. Op grond van die resultate verkry met behulp van die vyftien proefpersone wat aan hierdie studie deelgeneem het, is daar eerstens bevind dat die ouers van swart gesplete-lip-en-verhemeltebabas in Suid-Afrika eenderssoortige behoeftes as ouers van babas met dieselfde aangebore gebrek wêreldwyd vertoon. Tweedens is daar bevind dat die inligtingstuk wat as deel vat as deel van die studie saam gestel is, 'n positiewe bydrae gelewer het tot die ouerleiding wat met die proefpersone in die studie uitgevoer is. Die resultate hou dus ook belangrike terapeutiese implikasies in.
Keywords
No related keywords in the metadata.
Metrics
Total abstract views: 1776Total article views: 660