Original Research

'n Elektroglottograflese analise van sekere stemparameters: Normatiewe aanduidings

Kobie Cloete, Emily Groenewald, Anita van der Merwe, Jean Badenhorst
South African Journal of Communication Disorders | Vol 40, No 1 | a270 | DOI: https://doi.org/10.4102/sajcd.v40i1.270 | © 2019 Kobie Cloete, Emily Groenewald, Anita van der Merwe, Jean Badenhorst | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 24 October 2016 | Published: 31 December 1993

About the author(s)

Kobie Cloete, Department of Speech Pathology and Audiology, University of Pretoria, South Africa
Emily Groenewald, Department of Speech Pathology and Audiology, University of Pretoria, South Africa
Anita van der Merwe, Department of Speech Pathology and Audiology, University of Pretoria, South Africa
Jean Badenhorst, Department of Statistics, University of Pretoria, South Africa

Full Text:

PDF (323KB)

Abstract

'n Omvattende stemevaluasie behels meer as net die evaluasie van perseptuele en organiese aspekte. Vir 'n volledige stemevaluasie is dit belangrik dat verskeie objektiewe metings die diagnostiese battery aanvul. Ten einde normatiewe riglyne vir sekere kwantitatiewe elektro-glottografiese metings vir die Universiteit van Pretoria se Spraaknavorsings-laboratorium daar te stel, is 25 mans en 25 dames metperseptueel normale stemme, uit 'n ouderdomspektrum van 8 tot 80 jaar, ondersoek met betrekking tot gemiddelde fundamentele frekwensie, piek-tot-piek frekwensiefluktuasie, piek-tot-piek amplitudefluktuasie en harmoniek/ruis-verhouding. Resultate dui aan dat al hierdie parameters sensitiefis vir verandering in stemproduksie as gevolg van veroudering, vokaal- en luidheidsveranderinge. Die waarde van die verkree data vir navorsing en die kliniese praktyk word bespreek.

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 1391
Total article views: 649


Crossref Citations

No related citations found.