Original Research

Die verband tussen gesproke en geskrewe taal van leergestremdes

Idillette Oosthuizen, Brenda Louw, Isabel Uys
South African Journal of Communication Disorders | Vol 42, No 1 | a248 | DOI: https://doi.org/10.4102/sajcd.v42i1.248 | © 2019 Idillette Oosthuizen, Brenda Louw, Isabel Uys | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 14 October 2016 | Published: 31 December 1995

About the author(s)

Idillette Oosthuizen, Department of Communication Pathology, University of Pretoria, South Africa
Brenda Louw, Department of Communication Pathology, University of Pretoria, South Africa
Isabel Uys, Department of Communication Pathology, University of Pretoria, South Africa

Full Text:

PDF (446KB)

Abstract

Die ondersoek het dit ten doel gehad om die verband tussen gesproke taal, geskrewe taal en fonologiese prosessering te bepaal. Die empiriese opname is deur middel van'n beskikbaarheidseleksie op nege Afrikaanssprekende taalleergestremde leerlinge in graad-twee uitgevoer. Ooreenkomstig voorafbepaalde doelstellings is gesproke taalparameters, geskrewe taalparameters en fonologiese prosesseringsparameters geidentifiseer. Die proefpersone se peil van funksionering op die onderskeie parameters, sowel as die verwantskap tussen die parameters is kwalitatief en kwantitatief ontleed en beskryf. Die resultate van hierdie empiriese opname toon dat betekenisvolle korrelasies tussen gesproke taal, geskrewe taal en fonologiese prosesseringsvaardighede by die betrokke taalleergestremde proefpersone voorgekom het.

Keywords

taalleergestremdheid; gesproke taal; geskrewe taal; fonologiese prosessering

Metrics

Total abstract views: 2218
Total article views: 566


Crossref Citations

No related citations found.