Original Research

Gesproke en geskrewe taalvermoëns van hulpklasleerlinge teruggeplaas in hoofstroomonderwys

Karen Kleingeld, Brenda Louw, Isabel C. Uys
South African Journal of Communication Disorders | Vol 43, No 1 | a234 | DOI: https://doi.org/10.4102/sajcd.v43i1.234 | © 2019 Karen Kleingeld, Brenda Louw, Isabel C. Uys | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 14 October 2016 | Published: 31 December 1996

About the author(s)

Karen Kleingeld, Department of Communication Pathology, University of Pretoria, South Africa
Brenda Louw, Department of Communication Pathology, University of Pretoria, South Africa
Isabel C. Uys, Department of Communication Pathology, University of Pretoria, South Africa

Full Text:

PDF (301KB)

Abstract

Resente navorsing lê toenemend klem op die rol van die spraak-taalterapeut by taalleergestermde kinders. 'n leemte is ergterin bestaande literatuur geidentifiseer betreffende die taalfunksionering van die van die ouer taalleergestremde kind in die skool. Die moontlikheid vir die voortbestaan van gesproke en geskrewe taalprobleme by leerlinge wat uit die hulpklas teruggeplaas is in hoofstroomonderwys, het as motivering vir hierdie studie gedien. Die empiriese studie is op agt-en-twintig Afrikaanse en Engelsprekende standerd twee oud-hulpklasleerlinge uitgevoer. Die proefpersone se peil van taal- en skolatiese funksionering is kwalitatief en kwantitatief ontleed en beskryf, deur die gebruik van die Toets vir mondelinge Taal Taalproduksie en die Suid- Afrikaanse Skryftaaltoets. Die resultate van die studie toon dat 'n beduidende presentasie van die proefpersone gesproke en geskrewe taalprobleme ondervind en 'n agterstand in die vakke Afrikaans en Engels vertoon. Betekenisvolle korrelasies in aangetoon tussen die proefpersone se gesproke en geskrewe taalvermoëns en hulle taalvermoëns en skolatiese. Die bevindinge hou belangrike implikasies in vir die hantering van die taalleergestremde kind in die praktyk, en moedig voortsette spraak-taalterapeutiese intervensie aan by kinders wat uit die hulpkas teruggeplaas is in hoofstroomonderwys. Verdere navorsing oor die taalvermoëns van die ouer taalleergestremde kind word aanbeveel ter uitbereiding en bevestiging van die navorsingsresultate.

Keywords

taalleergestremde kinders; hulpklas; gesproke- en geskrewe taalprobleme, geheeltaalbenadering; samewerkende dienslewering

Metrics

Total abstract views: 1384
Total article views: 570


Crossref Citations

No related citations found.