Original Research

Jong kinders se gebruik van kommunikasiefunksies vóór en ná kogleêre inplanting

Inge Kaltenbrünn, Brenda Louw, René Hugo
South African Journal of Communication Disorders | Vol 52, No 1 | a202 | DOI: https://doi.org/10.4102/sajcd.v52i1.202 | © 2019 Inge Kaltenbrünn, Brenda Louw, René Hugo | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 07 October 2016 | Published: 31 December 2005

About the author(s)

Inge Kaltenbrünn, Department of Speech-Language Pathology and Audiology, University of Pretoria, South Africa
Brenda Louw, Department of Speech-Language Pathology and Audiology, University of Pretoria, South Africa
René Hugo, Department of Speech-Language Pathology and Audiology, University of Pretoria, South Africa

Full Text:

PDF (345KB)

Abstract

Hierdie artikel beskryf vyf jong kinders met kogleêre inplantings se gebruik van kommunikasiefunksies, in 'n poging om die invloed van die kinders se vroeë intensionele kommunikasiegedrag op hulle individuele kommunikasievaardighede ná kogleêre inplanting te ondersoek. Video-opnames van elk van die vyf  deelnemers in ongestruktureerde vryespelinteraksie met hulle versorgers, vóór kogleêre inplanting en twaalf en agtien maande ná kogleêre inplanting, is gebruik om die aard en die voorkoms van hulle kommunikasiefunksies oor tyd te identifiseer. Die Communicative Intention Inventory (Coggins & Carpenter,  1981) is gebruik om die kommunikatiewe gedrag van die deelnemers te klassifiseer volgens die soorte kommunikasiefunksies wat gebruik is. Resultate van die ondersoek toon dat die aard en die voorkoms van die  kommunikasiefunksies merkbaar voor en ná kogleêre inplanting verskil het en die deelnemers se toenemende bevoegdheid om aan gespreksinteraksie deel te neem, gedemonstreer het. Individuele verskille tussen die deelnemers in hulle gebruik van heuristiese en informatiewe kommunikasiefunksies het moontlik 'n verklaring gebied vir die voorkoms van interklientvariasie in tempo van verbale kommunikasie-ontwikkeling  ná kogleêre inplanting. Die resultate word as betekenisvol beskou in die kliniese besluitnemingsproses met betrekking tot die kogleêre-inplantingkandidaatskap van jong kinders onder die ouderdom van drie jaar met 'n ernstige gehoorverlies en hulle terapeutiese bantering. Die resultate dra ook by tot die identifisering van 'n objektiewe vroee kommunikasie evalueringsprotokol vir jong kinders met 'n ernstige gehoorverlies in 'n prelinguistiese stadium van taalontwikkeling.

Keywords

intensionaliteit; kommunikasiefunksies; preverbale kommunikasie; ernstige gehoorverlies; kogleêre inplanting

Metrics

Total abstract views: 1421
Total article views: 596


Crossref Citations

No related citations found.